Blokaspaai
Blokaspaai 2018 Mashoof

Blokaspaai bied 'n nuwe dimensie aan 'n ou gunstelingtydverdryf. Spesiaal ontwerp om maklik in te vul sonder onnodige tierlantyntjies en fieterjasies. 

Geniet ons eerste BonusBoek gratis ingesluit by Blokaspaai. Die Blokaspaai-span sorg vir gereelde nuwe uitgawes

Van Suid-Afrika se bekendste opstellers publiseer gereeld hulle eie boeke teen sakpaspryse. Jy sal vir seker nooit sonder 'n kopkrap-lekkerte sit nie.

NOU BESKIKBAAR OP ANDROID OOK!



Hoogtepunte

  • Gemaklik om in te vul
  • Rustige, kalmerende ontwerp
  • Leidrade word bo die sleutelbord ge-eggo
  • Ruil blokkies om na antwoorde te 'loer'
  • Vee jou blokraai uit om oor en oor in te vul
  • Hierdie applikasie benut In-App koopfunksies

Minimumvereistes

  • iPad, iPhone or iPod Touch met iOS 8.0 of later
  • Android met 4.1 of later

In die nuutste weergawe

Blokaspaai 1.2.18


Blokaspaai is nou gratis geskikbaar in beide die Apple winkel sowel as GooglePlay.  Die basiese funksie van die applikasie bly dieselfde.

Ons het 'n puntestelsel ingebou om so bietjie teen jouself te kompeteer.  Wanneer jy Blokaspaai aflaai, kry jy 50 gratis 'blokkies'.  Blokkies kan gebruik word om na antwoorde te 'loer'.  Aan die einde van elke raaisel ken Blokaspaai aan jou bonus blokkies toe (gebruik die 'Sien alles na' funksie) vir regte letters.  Hierdie 'blokkies' word by jou balans gevoeg.  Indien jou balans nul blokkies bereik, word jy die geleentheid te bied om jou 'blokkies' aan te vul deur addisionele 'blokkies' te koop. 

Daar is ook nou ‘n funksie ingebou wat jou vordering volg sodat jy presies weet waar jy staan met al jou invulwerk wanneer jy 'n boek oopmaak.

KENNISGEWING

Tydens opgradering na die nuwe weergawe op Apple, word jou lokale databasis uitgevee.  Dus sal jy die geleentheid hê om al jou raaisels van nuut af in te vul en gebruik te maak van al die bonus blokkies!  'n Lekker uitdaging.

VRYWARING

Omdat dit vir ons belangrik is dat Blokaspaai sonder enige internetkonneksie kan werk, word al die data op jou slimfoon/tablet gestoor nadat dit afgelaai is.  LET WEL dat latere herinstallasie van die applikasie moontlik kan veroorsaak dat jy alle 'blokkies' (gratis en gekoop) verbeur.

Shine Interactive Website

Verskaf asseblief jou inteken informasie: